Die waaghals Stanislaw Aksenof, wat bekend is vir sy liefde vir valskermspronge en lyfringe, het besluit om sy twee passies te kombineer en ’n ongelooflike toertjie uit te voer.

Die waagkunstenaar van Moskou het hom verfilm waar hy van ’n steil krans spring in die Lauterbrunnenvallei in Bern, Switserland.

Maar dit was nie genoeg nie; die avontuurlustige het die sprong voltooi met ’n valskerm wat aan lyfringe aan sy rug vasgemaak is.

Dié dramatiese video wys hoe sy vel rek onder die druk van sy liggaamsgewig.

Nadat hy meer as twee minute so gehang het, land hy veilig in ’n veld.