Die wêreld wag al lank op die fliek en elke dan en wan word ’n nuwe lusmakertjie die wêreld ingestuur.

Maar Entertainment Weekly het vandeesweek splinternuwe foto’s van die verwagte fliek gepubliseer en nou bou die opwinding vinnig op.

’n Foto van die aktrise Emma Watson, wat as die boekwurm Belle in die bekende geel rok met die ondier dans, is ook op die voorblad van die tydskrif se jongste uitgawe.

Die akteur Luke Evans vertolk die rol van die arrogante pierewaaier Gaston.

? No one fights like Gaston! ? #BeautyAndTheBeast #LukeEvans #Disney ?: Laurie Sparham/Disney

A photo posted by Entertainment Weekly (@entertainmentweekly) on

#EmmaWatson looks simply enchanting as Belle in this exclusive #BeautyAndTheBeast photo. ?? ?: Laurie Sparham/Disney A photo posted by Entertainment Weekly (@entertainmentweekly) on

Josh Gad as Le Fou and Luke Evans as Gaston in #Disney's #BeautyAndTheBeast remake make the perfect pair! ??: Laurie Sparham/Disney

A photo posted by Entertainment Weekly (@entertainmentweekly) on

Die nuwe weergawe van Beauty and the Beast word in Maart volgende jaar uitgereik.

Die animasie-weergawe van Beauty and the Beast, wat in 1991 uitgereik is, is vir ’n Oscar benoem as beste fliek. Dit was die eerste keer dat ’n animasiefliek in dié afdeling benoem is.

Kan jy nog die oorspronklike animasiefliek se lokprent onthou?