Die bekende sangeres en beoordelaar op die Britse sangkompetisiereeks The X Factor, Nicole Scherzinger, span tans uit in die Kaap. Nicole is glo hier om ’n advertensie vir die jogurtmaatskappy Müller te skiet. Die Masterchef SA naaswenner, Sue-Ann Allen, het in die sosiale media onthul sy het self sjef gespeel vir Nicole (38), wat roem verwerf het as lid van die Pussycat Dolls.

“Ek is mal verlief op die pragtige Nicole Scherzinger. Ek het die eer gehad om die afgelope vyf dae vir haar te kook tydens haar besoek aan Kaapstad, Suid-Afrika,” het sy Sondag op Facebook en Instagram geskryf by ’n foto van hulle saam.

“Dankie, Nicole. Om vir jou te kook het my soveel vreugde gegee. En ek sal vir ewig dankbaar wees. Terloops, moenie vergeet om daardie blaaskans te neem nie. Net jy. ’n Boek. ’n Bottel wyn en musiek. Al my liefde en nog meer.” Nicole, wat voorheen met die Formule Een-renjaer Lewis Hamilton uitgegaan het, het ook op Instagram foto's gedeel van haar tyd hier. Dit sluit in ’n sexy selfie van haar met die Kaapstad-stadion in die agtergrond. Hulle het glo die advertensie op die Groenpunt-atletiekstadion geskiet.

On set shooting! Can't wait for y'all to see! #nofilter #sunkissed

A post shared by Nicole Scherzinger (@nicolescherzy) on

Nicole, wat die afgelope ruk romanties met die Bulgaarse tennisspeler Grigor Dimitrov (25) verbind word, het darem nie net gekom vir werk nie. Daar was ook tyd vir pret. Sy het Maandag ’n foto gedeel van haar wat uitspan in ’n bos.

Goodmorning #southafrica #thebush

A post shared by Nicole Scherzinger (@nicolescherzy) on

Haar ewe mooi jonger suster, Keala Leemon, het haar ook vergesel op haar werkreis na Suid-Afrika. Die susters het met ’n glas wyn in die hand die sonsondergang in Kaapstad geniet.

#Sisters and #sunsets @scherzygirl ! #scherzygirls ??

A post shared by Nicole Scherzinger (@nicolescherzy) on

Lyk of die ster behoorlik pret gehad het in die Moederstad!

EKSTRA BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, MIRROR.CO.UK