Op 1 November het Darren op sy Facebook-blad ’n inskrywing gedeel en gesê: “Een jaar gelede het hierdie engel in my hospitaal ingewandel en in my lewe in. Ek's lief vir jou, Tash!”

Dié nuwe blondekopliefde van hom is Natasha S. Laird van Johannesburg.

Darren sê aan Huisgenoot hulle is nog nie gereed om te praat oor hul verhouding nie, aangesien daar nog ’n egskeiding is wat Natasha moet afhandel.

Intussen koer die twee omtrent in die sosiale media.

Hulle deel gereeld foto’s waarop hulle saam by romantiese etes en gesellighede is.

Dié twee is beslis smoorverlief!