In vergange se dae was ’n aandjie by ’n restaurant ’n groot gedoente – deftige uitrustings, dasse en baadjies was aan die orde van die dag.

Geleidelik het die gebruik verlore begin gaan en deesdae word daar vreemd gekyk as daar te deftig aangetrek word. Jy sal nie eens frons as iemand dalk by ’n strandkafee met ’n kaal bolyf ietsie nuttig nie. Maar nou het ’n restaurant in Londen kleredrag-etiket van alle pretensie – en meer – gestroop. Want sien, by The Bunyadi, is daar een groot kleredragreël, en dit is dat jou klere met die grootste vreugde maar kan waai! Minstens vir die volgende drie maande.

??Bunyadi????????????????!???????????,???????????????,??????????! #Bunyadi#London#nakedrestaurant#

A photo posted by 138Entertainment (@138entertainment) on

Maar as die waglys bly groei, soos dit tans die geval is, is die kans goed dat dit iewers ’n permanente restaurant gaan word. Tot dan is die ligging van die restaurant hoogs geheim en gaste moet sweer dat hulle dit nie sal verklap nie.

A photo posted by ??? ????????? (@sbkrational) on

Terloops, daar is glo reeds 46 000 mense wat aansoek gedoen het om kaartjies vir die ervaring te bekom. Seb Lyall, die man agter die idee, sê hy glo mense moet die kans aangryp om ’n aandjie uit sonder enige “onsuiwerhede” te geniet: geen chemikalieë, geen kunsmatige kleure, geen elektrisiteit, geen gas, geen selfone en natuurlik geen klere nie. Selfs die borde is van klei gemaak en jou eetgerei kan ook verorber word.

A photo posted by Jono (@cheflintstone) on

Die opwiprestaurant, wat tot 42 gaste per keer toelaat, se personeel gee reeds met die intrapslag die toon aan. Wel, figuurlik gesproke. Een van die kelners het glo meer tatoeermerke as klere aan. Sy skrapse onderbroek is met vyeblare versier. Die kelnerinne het dieselfde “uniform” aan. Bostukloos, natuurlik. Seb bestempel ’n kale aandjie uit as ware bevryding. Wel, jy word bevry van jou klere, jou selfoon, wat jy ook al met jou saamgebring het wanneer jy jou eerste tree binne die restaurant gee. In ruil daarvoor kry jy ’n wit kamerjas en pantoffels.

A photo posted by @louisemclaugh on

Jy kan dit natuurlik aanhou vir die duur van jou eetsessie, maar die kombinasie van pikante geregte, ’n warm kamerjas en ’n totale gebrek aan lugreëling laat jou ná ’n periode van beskroomdheid twee keer dink. En daar trek die kamerjas. Oënskynlik ’n keuse wat 80 persent van die restaurantgangers maak.

A photo posted by David G (@davidgigauri) on

’n Blogger wat die restaurant besoek het, sê sy het aanvanklik haar bedenkinge gehad. Daar bestaan geen twyfel oor wat nommer een op haar lysie was nie, maar higiëne en hoe ander mense sou reageer, was in die tweede en derde plek. Sy beskryf die ervaring as “verbasend nieseksueel, geen kruheid of ongemaklike kyke nie. En geen vreemde oomblikke oor haar nommer 1-bekommernis nie – “want net die gesigte is sigbaar”. Terloops, so ’n aand uit gaan jou van nog iets stroop: jou beursie. Die vyfgangmaaltyd, drankies uitgesluit, gaan jou sowat R1 500 uit die sak jaag. O wag, jy moet eers jou sak gaan soek!

A photo posted by Goibibo (@goibibotravel) on

Bronne: uk.businessinsider.com, independent.co.uk, nationalpost.com, tracykiss.com