Goeie reën oor die laaste paar dae het baie Suid-Afrikaners sommer weer hoop gegee vir die nuwe jaar. En die goeie nuus is dat nog reën en bewolkte toestande oor die volgende paar dae oor meeste van die land verwag word. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens word hoër temperature oor die volgende paar dae verwag, maar ook meer reën. ’n 60%-kans kan op reën word in Gauteng verwag terwyl ’n 80%-kans in Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorspel word. Die vreugdevure het behoorlik hoog gebrand die afgelope paar dae met talle reën-kiekies wat in die sosiale media gedeel is. Kyk byvoorbeeld net daai saamgepakte wolke in Luiperdskloof.

Nóg goeie nuus vir KwaZulu-Natal is dat die damme weer vol raak!
Dan is ook maar goed dat Kimberley en Douglas bietjie reën gekry het aangesien daar ongelukkig niks daarvan vir die komende week in die Noord-Kaap voorspel word nie.
Noordwes het weer ’n 30%-kans op reën, alhoewel dit darem reeds die week lekker in Rustenberg gereën het.
In Limpopo word temperature van tot 29°C vir Tzaneen voorspel met ’n 30%-kans op reën Sondag. Dinge het ook goed begin vir inwoners van die Oos-Kaap, klaarblyklik veral in Burgersdorp.
In die res van die Oos-Kaap word ’n 60%-kans op reën vir die eerste helfde van week voorspel en daarna verminder dit tot en met ’n 30%-kans aan die begin van volgende week. Hier reën dit al te lekker in die Karoo net buite Graaff-Reinet:
Selfs in Kathu lyk dinge belowend: