Rodney het niksvermoedend van sy werk af tuis gekom en ’n mammabeer met haar twee welpies in sy huis aangetref.

Die eerste ding wat die meeste van ons in só ’n situasie sou doen, is om gillend weg te hardloop. Rodney het wel gillend weggehardloop, maar natuurlik eers sy selfoon uitgeruk om die voorval op video op te neem.

In die skreeusnaakse video hardloop Rodney teen die trap van sy huis op en gil: “Daar is ’n beer in die huis!”

Hy het die video op sy Facebook-blad gedeel en dit is al meer as 122 000 keer gekyk.

Op Facebook vertel Rodney die bere was langer as ’n uur in sy huis voor hy hulle betrap het. Vreemd genoeg was sy huismaat salig onbewus daarvan dat mammabeer en haar kroos in die voorhuis kuier. Hy was in sy kamer doenig en het bloot gedink die geluide wat hy hoor is Rodney wat tuiskom en vir hom aandete maak.

Die bere het eers ná ’n halfuur die huis deur ’n sydeur verlaat. Wat ’n verligting!

Kyk hier hoe die beer die man bestorm:

Bron: Facebook; Daily Mail