Janine het Woensdag ’n foto op Facebook gedeel met die byskrif: “Vir almal wat wou sien...dis hoe mooi ons prinsessie groei. Hierdie ‘seekoeitjie’ is so opgewonde.”

Hul dogtertjie maak na verwagting in Julie haar opwagting en gaan Romy-Lee heet, vernoem na Janine se ma.

Janine tel nou berhoorlik die dae tot hul kleinding se geboorte. En pa Steve kan duidelik ook nie wag om sy prinsessie te ontmoet nie.

Romy-Lee sal Steve (nou 52) se tweede dogter wees. Sy oudste kind, Charissa Albertyn (29) is ’n Engelsonderwyseres in Korea. Hy het ook vier seuns, Armand (27), ’n sanger, Devon (21), ’n akteur, en Sebastian (15) en Benjamin (13).