Die aktrise Hildegardt Whites se babamagie groei nou vinnig.

Sy het die afgelope paar maande foto’s in die sosiale media gedeel en verlede week met Oujaarsaand gesê sy kan skaars wag vir die jaar wat voorlê.

“Laaste Oujaarsaand voor ek ’n mamma word!” het sy by ’n foto van haar in ’n noupassende rooi rok geskryf.

Hildegardt is deesdae te sien in haar eie TV-program, Hilde se Hartsklanke. In dié program, wat op VIA (kanaal 147) uitgesaai word, gaan kuier sy onder meer op dorpe soos Vredenburg, waar sy grootgeword het, en Clanwilliam, waar sy en haar gesin Sondagmiddae uitgespan het, het Huisgenoot vroeër berig.

Sy het bekendheid verwerf vir haar rol as Bonita Meintjies in die SABC 2-sepie, 7de Laan.

Hildegardt en haar man, die musikant Kuba Silkiewicz, verwag hul eersteling in Mei.

Working my baby bump @sansuisummercup. Thank you so much for the stunning dress @anelbothac. Jy is die beste!?????

A photo posted by Hildegardt Silkiewicz (@hildesilkiewicz) on