Die fyn blondine van Moorreesburg, wat vroeër met die sanger Dozi getroud was, is deesdae gelukkig getroud en die ma van ’n skattige 11 maande oue babadogter. Sy deel gereeld kiekies van haar man, Jannie Visser, en hul kleinding op sosiale media.

A photo posted by muriel visser (@vissermuriel) on

Muriël het op 5 Februarie foto’s van klein Mia op Instagram gedeel en toe vertel haar dogter is nege maande oud. “#miapop #liefiebekkie #ons lief jou,” het sy daarby geskryf.

A photo posted by muriel visser (@vissermuriel) on
Sy is deesdae ’n spysenier. Sy wou by navraag nie meer uitwei oor haar persoonlike lewe nie. Muriël het Jannie in Julie 2011 by ’n vriend se troue op Riebeek-Wes ontmoet, berig sarie.com. Hy het toe saam met sy pa ’n vervoermaatskappy besit. Hulle het ’n jaar later, in November 2012, verloof geraak en is in 2013 getroud.

A photo posted by muriel visser (@vissermuriel) on

“Hy is tipies boerseun: plat op die aarde en verskriklik snaaks. Hy het die mooiste groen oë, ’n praglyf van kroon tot tone, hy laat my lag, hy bederf my deur die manier waarop hy na my kyk en hy gee my bottervliegies in my maag,” het sy destyds aan sarie.com gesê.

[caption id="attachment_124078" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption] Dit was boonop liefde met die eerste oogopslag. “Jannie het my heeltemal oorweldig. Maar ons het eers twee maande ná die troue, danksy vriende wat ons weer saam uitgenooi het, eintlik weer gekliek. En toe het ons begin uitgaan.” En kyk net nou! Die twee lyk omtrent verlief. Lyk mos of sy ’n man duisend losgeslaan het! Klein Mia saam met haar oupa.

A photo posted by muriel visser (@vissermuriel) on

'n Oggendselfie met Mamma.

A photo posted by muriel visser (@vissermuriel) on

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar

Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding

Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap

Kyk: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks!