Dit is in die Amerikaanse deelstaat Washington afgeneem, waar die gebruik van dagga wettig is.

Die drie vroue rook saam en moet verskeie uitdagings voltooi, soos om Jenga of kaartspeletjies te speel.

Ná net vyf minute is hulle al drie ooglopend meer ontspanne en giggelrig. En ná 40 minute is hul oë duidelik glasig en sukkel hulle om hul lag te hou. Die eerste ouma sê “Toe ek dit rook, kon ek voel hoe die spiere in my nek ontspan. Ek sien baie voordele hieraan.” Waarop die tweede ouma antwoord: “Ek het nou heeltemal tred verloor met wat jy gesê het.”

'Ek voel nie so bedwelm soos hulle vir my lyk nie.'

Die derde ouma voeg by: “Ek dink ek het meer ingeasem as hulle, maar ek voel nie so bedwelm soos hulle vir my lyk nie.”

Hulle geniet dan ’n paar peuselhappies voor die video eindig met die boodskap: “Geen oumas is mishandel tydens die vervaardiging van hierdie video nie.”