Die oorlamse hond, die ses maande oue Maddie, was in die agtertuin toe sy gewaar dat die tuinslang oop is.

Sy klem dit tussen haar tande vas en draf tot by haar leë hondeplonspoel.

Maar sy kan nie die dekselse tuinslang op die regte plek kry nie.

Maddie trek dit eers hierdie kant toe en dan daardie kant toe – en op die ou end is haar bene daarin verstrengel.

Nadat sy die pyp met haar pote in kwansuis die perfekte posisie gekrap het, is sy steeds nie tevrede nie en gaan sy voort om die vloei van die water te maneuvreer sodat sy haar tydelike bad kan vol kry.

Kyk die video: