Praat van ’n opgewonde ma! Die gewese Mej. Suid-Afrika Cindy Nell-Roberts het haar dogtertjie, Aenea, omtrent bederf met ’n prinses-partyjie vir haar vierde verjaardag.

"My babadogtertjie raak hierdie week vier jaar oud en sy slaan my asem weg. Ek is die gelukkigste ma in die hele wêreld," skryf sy op haar Instagram-profiel.

Sy het ook pragtige foto’s van die geleentheid in sosiale media gedeel.

Anea is kompleet soos ’n klein prinsessie aangetrek in ’n pienk rok en goue tiara. Haar boetie, Ethan (5), bly nie agter nie en pronk ook met ’n goue kroon. Cindy, haar man, Clive Roberts, en hul kroos lyk stralend op dié foto's.

Anea het al te lekker met haar maatjies gespeel, ook geklee in prinses-uitrustings, tiaras en pienk balonne byderhand. Dit lyk of die kinders hul gate uit geniet het.

Die balonne is nie al wat pienk was nie, daar was pienk kolwyntjies, bottels, naamkaartjies, rose en beskuitjies.

Baie geluk, Anea!