[caption id="attachment_126530" align="alignnone" width="600"]Cindy en haar man, Clive, geniet dié partytjie amper meer as klein Ethan! Foto: Sullivan Photography Cindy en haar man, Clive, geniet dié partytjie amper meer as klein Ethan! Foto: Sullivan Photography[/caption]

Cindy het haar eersteling bederf met ’n Star Wars-temapartytjie by Shimmy Beach Club in Kaapstad. En dit lyk of die kleinman en sy pa, Clive Roberts, hulle gate uit geniet het.

Clive is net so ’n groot Star Wars-aanhanger, vertel Cindy. Hy is selfs gekiek terwyl hy met ligswaarde gespeel het.

[caption id="attachment_126531" align="alignnone" width="600"]Catriona Andrews en Clive in 'n ligswaardstryd verwikkel! Foto: Sullivan Photography Catriona Andrews en Clive in 'n ligswaardstryd verwikkel! Foto: Sullivan Photography[/caption]

Cindy se pa, Chris Nell, was spesiaal geklee in ’n kostuum van die booswig Darth Vader.

“Ons het besluit op ’n Star Wars-partytjie, want Ethan is ’n baie, baie groot fan van Star Wars,” vertel Cindy.

“Hy kan nog nie die grootmens Star Wars kyk nie, want hy is te jonk. Hy kyk die animasie en is mal daaroor,” vertel sy. Sy is ’n “Star Wars-mamma” met die dat haar man so dol is oor Star Wars.

[caption id="attachment_126534" align="alignnone" width="600"]Dis mos 'n verjaardagkoek! Foto: Sullivan Photography Dis mos 'n verjaardagkoek! Foto: Sullivan Photography[/caption]

“Ek weet alles van Star Wars af. Ek ken al die karakters se name en weet wie doen wat. My man het my al ses flieks laat kyk voordat ons die nuutste een (Star Wars: The Force Awakens) gaan kyk het.”

Hulle het ongeveer 40 van Ethan se maatjies na die partytjie genooi. Onder die bekendes en hul spruite by die makietie was die aktrise Catriona Andrew en die model en voormalige Survivor-deelnemer Brigitte Willers.

[caption id="attachment_126535" align="alignnone" width="600"]Groot bederf! Foto: Sullivan Photography Groot bederf! Foto: Sullivan Photography[/caption]

“Ek het probeer om die kinders ’n bietjie meer gesond te laat wees so ons het hoender nuggets en pizza en visvingertjies bedien so twaalfuur en voor dit was daar natuurlik ’n tafel vol lekkernye,” vertel Cindy.

Daar was onder meer kolwyntjies met karakters uit Star Wars en ’n Star Wars-koek wat Sanette van Rensburg van Berry & Flambé spesiaal vir klein Ethan gebak het.

“Daar was aktiwiteite soos ysblokkies wat die seuntjies met water moes skiet. Binne-in die ysblokke was klein figurines van onder meer Luke Skywalker en Han Solo en al die Storm Troopers en dan moes die seuntjies hulle bevry deur die ys te skiet. En daar was ’n Star Wars-ruimteskip piñata.”

Vir nagereg was daar sjokolade Nutella-pizza met aarbeie – een van Shimmy se spesialiteite.

[caption id="attachment_126532" align="alignnone" width="600"]Hulle het ons gehad by Nutella-pizza . . . Foto: Sullivan Photography Hulle het ons gehad by Nutella-pizza . . . Foto: Sullivan Photography[/caption]

Cindy is self ’n bakker van formaat. Sy het al op Instagram ’n video gedeel van ’n oulike koek van Elsa van Frozen wat sy vir haar, Aenea (3), gebak het.

Dié koek het ure gevat om te maak, vertel sy vir ons.

“Ons bak elke week by die huis. Cupcakes of muffins. Ek gebruik sommer die geleentheid om gesonde goed weg te steek daarin. So kry ek ook darem hulle (die kinders) om ’n paar gesonde nuwe goedjies uit te probeer.”

Ander stories op Huisgenoot.com

Dié skokoomblikke het sepie-kykers onlangs in hul macaroni en kaas laat stik

Moedelose ma smeek om antwoorde in ’n brief oor haar toesigstryd

Jurie Els vertel van sy groot hartseer ná SA vrou op berg Everest sterf

EKSKLUSIEF: Gospelsanger Stella slaan asems weg met nuwe musiekvideo

‘Ek is klaar met seuns!’: Tiener deel haar skreeusnaakse dagboek van toe sy sewe was