Karen Zoid het Dinsdagaand boetebessie gespeel toe sy saam met Leon Schuster sy trefferliedjie, Boetebessie Briekdans, ter afsluiting van die tweede episode van Republiek van Zoid Afrika gesing het.

Leon was saam met Nik Rabinowitz gaste op Karen se gewilde geselsprogram, van wat die vierde seisoen tans op kykNET uitgesaai word. Met talle kwinkslae het diƩ twee grapjasse gesorg dat Dinsdagaand se episode onvergeetlik sal wees.

Boetebessie Briek Dans kan in die Suid-Afrikaanse iTunes winkel vir R9,99 gekoop word.

In volgende week se episode (25 Oktober) gesels Karen met Ruda Landman en Riana Nel.

Die Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae, 20:30, op kykNET uitgesaai.