Dit lyk of dit baie goed gaan met die sangerpaartjie, Gerrie en Zita Pretorius.

Zita het Sondag op Facebook ’n foto van Gerrie en haar Jack Russel gedeel en geskryf: “ ’n Heerlike Sondag saam met die twee manne in my lewe.”

[caption id="attachment_123437" align="alignnone" width="600"]sdfgs Zita het gister 'n foto van die "twee manne in haar lewe" op Facebook gedeel.[/caption]
Toe die Amerikaanse popsanger Josh Groban ’n week gelede tydens sy plaaslike toer in Suid-Afrika opgetree het, het sy en Gerrie ook dolverlief in die gehoor gelyk. “Fantastiese vertoning deur ’n uitstekende sanger,” het die mooi blondekop op Instagram oor hulle ervaring van die konsert geskryf.

Josh Groban ~ Stages! Fantastiese vertoning met 'n uitstekende sanger! #JoshGroban #Stages

A photo posted by ZITA pretorius (@zitapretorius) on

“Daar is soveel mooi redes om gelukkig te wees,” het Zita by dié foto geskryf.

There are so many beautiful reasons to be happy.

A photo posted by ZITA pretorius (@zitapretorius) on

Op Valentynsdag het sy en Gerrie albei ’n foto gedeel waar hulle liefies op ’n strand stap.

“Alles wat goed is, vloei vanuit liefde. Mag jy elke dag die vreugde en vrede van liefde ervaar,” het Zita by die foto geskryf en ’n aanhaling van die digter C.J. Langehoven bygevoeg: “Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het.”

[caption id="attachment_123439" align="alignnone" width="600"]sf Die gelukkige paartjie het onlangs 'n dag by die see spandeer. Foto: Facebook[/caption]

Gerrie is deesdae weer op die kassie te sien as aanbieder van die kykNET-reisprogram Leef Jou Reis.

Zita was baie opgewonde toe ’n nuwe seisoen vandeesmaand weer begin het en het laat hoor hoe trots sy op hom is.

[caption id="attachment_123440" align="alignnone" width="600"]erfw Zita is bitter opgewonde oor die nuwe seisoen van Gerrie se reisprogram wat vandeesmaand weer begin. Hier kuier hulle in Frankryk. Foto: Facebook[/caption]

Ander stories op Huisgenoot.com

Operasie van baba met gaping in haar bors glo 1ste vir SA: ‘Ons is hoopvol,’ sê haar pa

Wie is die gelukkige verjaardagmeisie wat al dié geskenke gekry het?

Kyk: Vreemde prosessie op N2 laat motoriste verstom rubbernek!

Minstens 272 sterf in Ecuador-aardbewing

Kyk: Jy sal nie glo hoe Taylor Swift se nuwe haredos lyk nie!

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word