Talle gr. 1’s is Woensdag met groot oë en ’n nuwe tas skool toe. Maar net so het baie gr. 8’s hul laerskool agtergelaat en ’n selfs groter skool aangedurf.

Jy kan dalk onthou watter lawwe dinge jy as groentjie in die hoërskool moes aanvang: oogkontak met die matrieks vermy, moeilike name probeer onthou, met ’n snaakse hoedjie of ’n naambordjie rondloop . . . Dalk moes jy ’n boom op ’n afspraak uitvra of vir die grootste matriekseun se meisie gaan sing?

Kyk net die kleurryke hoede waarmee die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp se gr. 8’s hul eerste dag aanpak.

Die Hoërskool Strand se gr. 8’s is kuikens.

Lees ook: Spog met jou graad 1’tjie en jy kan wen!

By Hoërskool Bellville moes die gr. 8’s nog ’n bietjie wag voor hulle hul nuwe skooluniform kon dra. Die nuwe leerlinge moes nog hul laerskoolklere aantrek vir hul eerste dag, wat reeds Dinsdag was.

Kyk net daardie groot brille wat die gr. 8’s van die Hoërskool Monument in Krugersdorp moet dra!

Hul skoene blink behoorlik.

Lees ook: Kyk watter bekendes se oulike spruite is vandag die eerste keer skool toe!

Elke voogklas het Dinsdag ’n boom geplant op die skoolterrein.

Die Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp, Noordwes, se gr. 8’s het met snorre, sproete en talle poniesterte op die kop rondgeloop.