Sedertien het hy, baard en al, sosiale media wêreldwyd op hol. Maar hoe het dit gebeur? In ’n onderhoud met BoredPanda vertel die sexy man dat hy eers regte studeer het, maar nooit ’n loopbaan daarin gevolg het nie.

Die fliek- en advertensiebedryf se lokstem was veel sterker. Toe hy in April 2015 besluit dis tyd vir ’n verandering, het hy vir die pret sy baard begin groei.
“Ek het gedink dit gaan ’n deurmekaarspul wees, maar mense het gesê hulle hou daarvan.”
Hy’t aan sy klerekas gewerskaf en versigtiger begin aantrek.
“Dis toe wat my loopbaan begin het. Ek was byna 60.”

A photo posted by Barbho (@barbhostyle) on

Behalwe dat hy versot is op wat hy nou doen, droom Philippe ook wel van daardie grote: iets soos ’n massiewe internasionale veldtog met Chanel of Dior. Hy’t reeds ’n veldtog met die bekende Joop! Homme op sy kerfstok.

Hou die spasie . . . en die baard dop. Dit mag dalk wel gebeur!

Bronne: boredpanda.com, pulp