Dit is nou maar eenmaal so – mense wat in die openbare oog verskyn, word gewoonlik van kop tot toon beskou. Soms word hulle bitterlik gekritiseer; soms word hulle hoog geprys. So ook Hillary Clinton, wat gereeld in die spervuur is en deur talle as “afsydig” en “koud” bestempel word. Die feit dat sy die afgelope jare volgehou het met ’n formele haarstyl waar daar selde ’n haartjie uit sy plek te bespeur is, het waarskynlik ook tot daardie siening bygedra.

A post shared by Anthony Coca (@ajclll) on

Maar toe sy Woensdag met ’n nuwe kapsel op Snapchat verskyn ter viering van Internasionale Vrouedag, het sy gewis selfs die modebewuste kritici se monde gesnoer met haar sagter voorkoms, gepaard met ’n treffende rooi jas.
Dié nuwe voorkoms het selfs die nuus van die Twilight-aktrise Kristen Stewart se radikale kort kapsel oorheers.
Hillary het beslis ’n transformasie ondergaan sedert sy as ’n omstrede studenteleier in die 20 Junie 1969-uitgawe van die legendariese tydskrif Life verskyn het.
Deur die jare in die openbare oog het Hillary wel by tye eksperimenteer met langer hare en selfs golwende lokke.