Dis mos algemeen bekend dat dit onmoontlik is om jou eie elmboog te lek. Maar skynbaar is dit nie so vir onmoontlik vir Gerkary Bracho nie.

Dié tongkrullende meisiekind van die Amerikaanse deelstaat Florida het haar ongelooflike talent op YouTube gedeel. Dit is ’n allemintige 66 000 keer gekyk.

In die greep vermaak Gerkary kykers deur haar lang tong tot onder haar ken uit te steek, haar elmboog te lek en dit te draai tot by haar neus se punt.

Sy wys ook sy kan selfs met haar tong in haar neus krap en haar ooglid lek.

Nick Stoeberl van California hou egter die Guinness-Wêreldrekord vir die langste tong, wat van sy punt tot by die middel van sy toe bolip 3.97 duim (10.1 cm) lank is.

Hoewel die rekord in 2012 bevestig is, dink ons hy het beslis kompetisie!

Bronne: MailOnline, YouTube