Die Suid-Afrikaans gebore supermodel Candice Swanepoel (28) het onlangs op Instagram ’n foto van haar en haar agt maande oue baba, Anacan, kleinding gedeel wat voor die kamera pryk en dit yk of klein Anacan hom gate uit geniet het tydens die fotosessie. Van wat ons kan aflei van Candice se inskrywing by die kiekie het klein Anacan poseer vir die modereeks Gap Kids. 

My baby angel for @gapkids benefiting @everymomcounts directed by @misslivalittle @paolakudacki ???? #mothersday #love

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Candice is een trotste mamma! Sy is versot daarop om kiekies en skattige video's van haar kleinding op Instagram te deel. 

8 months of pure toothless joy. ????

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on


Anacan se Brasiliaanse pa, Hermann Nicoli (34), is duidelik net so versot op sy seuntjie.

Chillin with my boy 8months today ??

A post shared by Hermann Nicoli (@hermannicoli) on

Candice se selfoonkamera is duidelik altyd byderhand om kiekies van haar eersteling te neem.



7 months literally just flew by with this deliciousness. Good morning with love ?? #mesversario

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Happy Easter ??feliz páscoa Meu coelhinho ??

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Die mannetjie is omtrent gelukkig. Hy sal in New York in Amerika en Vitória in die suidooste van Brasilië grootword, waar sy ma ’n villa besit, het sy ouma, Eileen Swanepoel, al vir ons vertel. Candice praat Engels, Afrikaans en Portugees, maar sy en haar verloofde, Hermann, gaan Engels en Portugees met hul kleinman praat. Te oulik!

Snow and bear snuggles ??

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on