Morné en Roz het sowat drie maande gelede in Roz se geboorteland, Australië, gaan kuier en klein Arias saamgeneem. <>
>
Die egpaar het saam gaan snorkel in Queensland en op ’n skattige foto wat Roz op Instagram gedeel het, loop Morné op die strand met Arias op sy skouers.
Die sexy mamma het op ’n ander foto ’n bietjie been gewys in ’n swart aandrok met Arias op haar heup en skerts sy lyk nie altyd so nie. By die foto spot sy: “(Arias) herken nie sy mamma sonder ’n sweetpakbroek en bolla nie.”
Lees ook: Sewejarige breek op met ma in skreeusnaakse verjaarsdagkaartjie Die gesinnetjie is toe Indië toe, waar Roz en Arias na die Moeder Teresa-huis in Kolkata is.
Op een foto wat Roz gedeel het, slaap die twee manne in haar lewe op ’n bed en vertel sy hoe hulle op die ingewing van die oomblik besluit het om die pad deur Indië te vat toe hul vlugte deurmekaar raak.
Sowat sewe uur en 250 km later is die gesinnetjie toe veilig in Nieu-Delhi, waar Morné ’n krieketwedstryd moes speel. Vir die res van die dag was Arias en Morné pootuit! Lees ook: En waar in die wêreld bevind Faf en sy vrou hulself? Op ander foto’s van Arias wat by die vliegtuigvenster uitkyk, wys hy ’n ietwat ongewone handgebaar vir ’n agt maande oue baba.
“Op agt maande oud het Arias duidelik al geleer hoe om vinger te wys – geen idee waar hy dit vandaan kry nie,” sê Roz.

A photo posted by Morne Morkel (@mornemorkel65) on

“Ek dink hy is meer as gereed om hierdie groot wêreld by die horings aan te pak.”

Ander stories op Huisgenoot.com:

Nagmerrie-kiem laat medici in koue sweet uitbars

Kyk anders na die wêreld met dié slimhorlosie

Vrou vertel openhartig van haar lewe ná sy tydens gewapende rooftog geskiet, verlam is

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!

Jongmense, dit is waarom jy vandag al moet begin spaar