Mikayla Ellison Phillips en haar pa het haar bruilofsgaste verras met ’n ongelooflike mengsel van danse wat almal in vervoering gehad het.

Hulle het stadig begin dans op die maat van Bob Carlisle se klassieke Butterfly Kisses, maar skuif weldra aan na meer opgewekte klassieke stukke, soos U Can’t Touch This van MC Hammer en Bye Bye Bye van NSYNC.

Die 25-jarige Mikayla, van Utah, Amerika, sê die dansroetine het haar 400 gaste heel opgesweep.

"Hulle was dol daaroor. Hulle het histeries geraak,” het sy aan Today gesê. "Ons het nie die terugvoer verwag wat ons gekry het nie. Dit is verfilm, geplaas en mense het dit bespreek.”

Die ongelooflike video is meer as 6,5 miljoen keer op YouTube gekyk. Klik hier onder en vind uit waarom.

Bronne: youtube.com, today.com