Die groep het dié bittersoet liedjie spesiaal geskryf omdat hulle so gereeld op die pad is en gevolglik hul geliefdes meestal net op ’n digitale skerm sien.

Volgens die groep weerspieël dit die universele tema van die digitale era waarin ons leef.

"Die terugvoer wat ons kry, is ongelooflik," vertel Fred den Hartog, die groep se kitaarspeler en vervaardiger. "Dis boonop merkwaardig om te sien hoe millennials aanklank daarby vind."

Nou het die groep ook ’n skitterende geanimeerde liriek-musiekvideo uitgereik wat die tema van die lied knap vasvang.

Kyk net hier: