Iewers is daar ’n man, Lauri Vuohensilta van Finland, wat ure se pret daaruit put om allerhande voorwerpe tot die uiterste te beproef. Soms is sy uitroepe van verstomming net so vermaaklik.

Hier is ’n paar fassinerende video’s wat wys wat gebeur wanneer die druk wat op iets uitgeoefen word, veel groter is as die voorwerp se weerstand. Maar moet asseblief nie enige van hierdie eksperimente tuis op die proef stel nie.

Selfs die manmoedige klein Lego-mannetjie kon nie sy lot ontsnap nie.

Blykbaar is dit onmoontlik om ’n stuk papier meer as sewe keer te vou. Maar kan die hidroliese pers dit dalk regkry? (Waarskuwing: kru taal)

Ons sal nie dié metode om vrugteslaai te maak aanbeveel nie!

Jy het dalk lus om hierdie eksperiment te beproef wanneer jou wekker jou soggens uit ’n diep slaap laat wakker skrik!

Keelvol vir jou slegte geluk op die gholfbaan? Wel, dalk is daardie gholfballetjie net te rond . . .

Hoe gereeld dink jy: “As my foon vandag nog net een keer lui, gaan ek daarvan ontslae raak!”?

Al die uitdrukking gehoor van die man wat so suinig was dat hy sy sente gedruk het tot Jan van Riebeeck se oë getraan het? Hierdie man voer dit effens verder deur ’n munstuk-hamburger te maak.

Foto: Facebook

Ander stories op Huisgenoot.com:

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Is dit dalk beter om bles te wees?

‘Sy’t ja gesê!’: Geliefde akteur het die skoot omtrent hoog deur ná verlowing

Kyk: Kettingbotsing in China laat hoofweg soos ’n skrootwerf-nagmerrie lyk

Eksklusief: Ontmoet Koekedoor 2 se tien nuwe deelnemers