.

Die motors se spoed en die bestuurders se vaardigheid agter die stuur op grondpaaie en in ’n pan is tot die uiterste beproef, maar eintlik is die hele idee dat die klomp petrolkoppe net pret sal hê.

Die reëls is baie eenvoudig: Jou ryding moet ouer as 30 jaar wees, maar hoe ouer, hoe meer punte verdien jy. As jou motor boonop self tot op Vosburg geloop het, jy hom heel kreatief versier het en jul span ’n baie oorspronklike naam en tema het, stapel die punte nog meer op.

Huisgenoot se fotograaf Martin de Kock was deel van die Waar’s Willem-span, wat in ’n 1968 Ford Escort Mk1deelgeneem het.

Kyk hier na sy video wat hul ervarings, sakke vol aksie en hope pret uitbeeld.