[caption id="attachment_152951" align="alignnone" width="595"]Daniellá en Henri lyk dolgelukkig. Foto: Facebook Daniellá en Henri lyk sorgeloos en dolgelukkig. Foto: Facebook[/caption]

Dis hoe dit lyk op Daniellá Janse van Rensburg se sosialemediarekeninge. Daar het sy kiekies geplaas waarop die paartjie gelukkig, sorgeloos en dolverlief lyk.

[caption id="attachment_152968" align="alignnone" width="601"]Die twee het by 'n sjefskool in Kaapstad ontmoet. Foto: Facebook Die twee het by 'n sjefskool in Kaapstad ontmoet. Foto: Facebook[/caption]

Die twee voormalige sjefstudente, wat ook saam op aanklag van dwelmbesit teregstaan, het blykbaar in die vakansie op Kaapse strande in die son gebaai. En twee weke gelede het die brunet by ’n foto van haar kêrel wat in ’n swembroek oor die see uitstaar, geskryf: “Wat ’n uitsig en die strand is ook heel goed.”

[caption id="attachment_152971" align="alignnone" width="600"]Die brunet is duidelik dolverlief op Henri. Foto: Instagram Die brunet is duidelik dolverlief op Henri. Foto: Instagram[/caption]

Van die ander kiekies was ’n silhoeët van haar en die 22-jarige moordverdagte wat soen terwyl die son agter hulle sak en een waarop sy aan die Weskus aan oesters weglê.

[caption id="attachment_152969" align="alignnone" width="490"]Die twee het onlangs aan die Weskus gekuier. Foto: Facebook Die twee het onlangs aan die Weskus gekuier. Foto: Facebook[/caption]

Daniellá spog self met 'n pragtige, skraal figuur.

[caption id="attachment_152970" align="alignnone" width="600"]Daniellá spog self met 'n pragtige, skraal figuur. Foto: Facebook Daniellá spog self met 'n pragtige, skraal figuur. Foto: Facebook[/caption]

Oor ’n maand sal daar geen tyd vir oesters, soene of swem wees nie wanneer Henri op 3 Februarie op drie aanklagte van moord, ’n aanklag van poging tot moord en ’n aanklag van dwarsboming van die gereg in die hooggeregshof in Kaapstad sal verskyn.

Dié seun van ’n ryk sakeman word daarvan beskuldig dat hy sy pa, Martin (54), sy ma, Theresa (55), en sy ouboet, Rudi (22), in Januarie 2015 op die eksklusiewe De Zalze-landgoed vermoor het.

Die aanklaers meen Henri het sy suster, Marli (18), ook probeer vermoor.