Hy is net vier maande oue maar veg reeds vir sy lewe.

Thomas Blanksby is gebore met ’n kwaadaardige rabdoïedgewas. Sy ma, die Australiese blogger Sheryl Blanksby, het die hartseer detail van sy stryd teen die aggressiewe kanker gedeel.

“Die ironie van die lewe het my gesin so hard getref en niks maak meer sin nie,” skryf die verpletterde ma op haar blog. “Dit voel soos gister toe ek ’n inskrywing gedeel het oor ons Reënboogbaba, Thomas, se gebore en nou skryf ek oor sy naderende dood.” Sy deel dikwels foto’s van haar oudste seun, die driejarige William, op Instagram wat sy kleinboet troos as hy sien hy ervaar pyn.

Sheryl het een keer gehoor hoe William vir klein Thomas sê: “Ouboet is hier. Alles gaan oukei wees.”

Sherul en haar man, Jon, het nie vir William gesê sy boetie is sterwend nie. Hulle het vir hom gesê sy nuwe boetie het ’n “seerplek” en dat die dokters hom probeer help. “Hy is bewus daarvan dat Mamma en Pappa baie hartseer is omdat Thomas siek is,” het hulle aan die DailyMail Australia vertel. “William het ook gesê miskien kan die dokters nie sy bababoetjie help nie, en dis hoekom Mamma en Pappa so hartseer is. So ons dink hy weet op sy eie manier wat aangaan.” Sheryl skryf verder op Instagram: “Om my twee seuns saam te sien, is ’n droom wat bewaarheid is. Om ’n gesin van vier te wees, was altyd deel van my dagdrome. En nou is dit my werklikheid, maar dis vasgekeer in hierdie nagmerrie wat geen gesin moet beleef nie.”

A post shared by Ms Chikee (@mschikee) on

Sheryl het besluit om die gesin se stryd te deel om “gebedskrygers by te kry om my te help om vir hom te bid”.

“En die wete dat die hele wêreld vir Thomas bid (of aan hom dink) is ongelooflik.”

A post shared by Ms Chikee (@mschikee) on

Bronne: MsCHIKEE Blog, MailOnline, Independent