So vertel Lucille Hartzenberg nadat ’n hewige storm Maandagmiddag die Springbokvlakte, tussen Naboomspruit en Roedtan in die Bosveld, getref het.

Lucille en haar man, Herman, wat in die omgewing boer, is onder die gesinne in die gebied wat groot skade gely het.

Sy vertel dit het so teen vyfuur se kant swaar begin reën, waarna hulle harde slae op die dak gehoor het. “Eers het ons gedink dit is boomtakke, maar die volgende oomblik het groot haelkorrels die huisvensters begin uitslaan. Daar is omtrent 10 vensters stukkend.”

[caption id="attachment_145585" align="aligncenter" width="600"]Grootskaalse skade is aan die vensterruite aangerig. Foto: Lucille Hartzenberg Grootskaalse skade is aan die vensterruite aangerig. Foto: Lucille Hartzenberg [/caption]

Van die korrels wat hulle in die huis opgetel het, was so groot soos haar vyfjarige seuntjie, Aldo, se vuis.

[caption id="attachment_145584" align="aligncenter" width="600"]Aldo se vuis en die haelkorrel wedywer oor watter een die grootste is. Foto: Lucille Hartzenberg. Aldo se vuis en die haelkorrel wedywer oor watter een die grootste is. Foto: Lucille Hartzenberg. [/caption]

Hoewel die storm “seker net 30 minute geduur het, het dit soos ’n ewigheid gevoel”, vertel sy.

Die reën het deur die nag geval en daar is 47 mm op die plaas gemeet.

bosveld

Hoewel die skade baie ongerief veroorsaak, is hulle dankbaar vir die reën, vertel nog ’n boer, Connie du Toit. In sy en sy vrou, Alida, se plaashuis is 23 vensters flenters en afvoerpype wat langs die huis loop, is verwoes.

Dakplate het losgekom en ’n plastiekafdak wat as skuiling vir sy krokodilboerdery dien, is vernietig.

[caption id="attachment_145583" align="aligncenter" width="600"]Min dinge is so mooi soos vir 'n boer in die Bosveld wanneer die reën kom. Foto: Lucille Hartzenberg. Min dinge is so mooi soos vir 'n boer in die Bosveld wanneer die reën kom. Foto: Lucille Hartzenberg. [/caption]

“Die haelkorrels was so groot soos ekstragroot hoendereiers”, verduidelik Connie. “In die agt jaar dat ek hier bly, het ek nog nooit so iets beleef nie.”