In die splinternuwe Afrikaanse riller Die Ontwaking vertolk die veteraanakteur Gys de Villiers die rol van die versteurde maar simpatieke Abel Lotz.

[caption id="attachment_117535" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Abel is ’n reeksmoordenaar wat mense vermoor onder meer vir hul vel. As Abel is Gys se rol vir hom uitgeknip en moes hy as akteur self diep gaan nesskop in die kop van ’n psigopaat, iemand wat psigies so verniel is dat hy of sy nie meer kan onderskei tussen die werklikheid en fantasie nie.

Lees ook: Suzelle se Valentynsplanne loop liederlik skeef!

Die Ontwaking is gegrond op die eerste boek in Chris Karsten se trilogie oor Abel en die polisie se pogings om hom vas te trek.

Hier gesels Gys bietjie oor sy rol:

Ons het wel die akteur bietjie verder gepols oor hoe dit was om ’n reeksmoordenaar op die silwerdoek te speel.

[caption id="attachment_117548" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

1. Was jy bekend met Chris se boeke voor jy by die fliek betrokke geraak het?

Nee, ek het glad nie geweet van die boeke nie. Ons regisseur, Johnny Breedt, het dit gelees en toe verlief geraak op die karakter en storie.

2. Was jy ooit op jou senuwees om so ’n komplekse karakter te benader?

Nee, glad nie. ’n Mens bou ’n storie oomblik vir oomblik en dit moet geloofwaardig wees in elke oomblik. As jy en die regisseur vooraf genoeg gepraat het, behoort dinge gemakliker in plek te val. Maar om voor ’n kamera te staan en iemand anders se storie te verteenwoordig is ’n delikate balans van glo en weet en nie weet nie en kanse waag. Met tyd word dit tweede natuur en avontuurlustig om die ander baadjies aan te trek.

3. Was dit vir jou maklik om in die psige van ’n reeksmoordenaar te klim?

Dit gaan nie soseer daaroor dat die man ’n reeksmoordenaar is nie. Ons groot ghoeroe Barney Simon, wat die Market Theatre begin het, het altyd gesê: “Almal se storie is geldig.” So vir my moes ek ’n rede vind hoekom Abel is soos hy is. Ek het besluit die man het seergekry as kind en wil homself beskerm. Ek het dit vanuit daardie hoek benader.

4. Was van die tonele wat jy geskiet het, onstellend?

As akteur probeer ek altyd bewus wees van my onmiddellike omgewing. Ek glo nie jy kan jouself heeltemal verloor nie, want dan sal jy net een karakter in jou lewe speel en daar sit jy. So ek probeer fokus op die praktiese aksies van wat ek op daai stadium moet doen; ek maak seker dat ek nie myself of my medeakteurs seermaak nie. Wat ek moet doen, spreek vanself. Ek hoef nie nog dramatiese gevoelens bo-op dit te forseer nie.

Lees ook: Local is lekker, bewys SA sjef wat in Frankryk Michelin-ster kry

5. Het jy enige inspirasie getap uit ander bekende reeksmoordenaars op die silwerdoek, soos Hannibal Lecter?

Ek het hulle natuurlik al gesien op die grootskerm, maar hulle het my nie beïnvloed nie. Ek dink dit het meer die skrywer insigte gegee. So ek het maar gedoen wat die teks my gelei het om te doen.

6. Sal jy weer in Abel se skoene klim sou daar opvolgprente gemaak word?

Ek sal bitter graag weer in sy skoene wil klim. Hopelik word die opvolg gemaak. Dit is lekker om iemand te speel wat so ver verwyder is van jou eie werklikheid. Ek het simpatie met die man en kry hom jammer.

[caption id="attachment_117549" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Kyk hier na die lokprent vir Die Ontwaking:

Die Ontwaking begin op 28 Februarie 2016 landwyd wys.

Ander stories op huisgenoot.com:

Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo

Kyk net hierdie bekendes se verborge talente

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!

Nuttige veiligheidswenke om jou spruit te beskerm

Wat is die gevaarlikste dier ter wêreld???