As die skoen jou pas, trek hom aan lui die gesegde. En in die Voigt-huishouding sal daar beslis nie ’n tekort aan skoene wees nie.

[caption id="attachment_123919" align="alignnone" width="600"]Die Voigt-huishouding maak gereed vir 'n nuwe boetie! Foto: Facebook, Martelize Voigt Die Voigt-huishouding maak gereed vir 'n nuwe boetie! Foto: Facebook, Martelize Voigt[/caption] Die geliefde Pasella-aanbieder, Dieter Voigt, en sy vrou, Martelize, kan nie meer wag vir hul seuntjie om oor sowat twee maande sy opwagting te maak nie. Daar is nog ’n skrale twee maande oor voor die ooievaar besoek kom aflê. En, dit lyk of die kleinding se pa reeds glo groot planne vir hom het. “Ek kan nie wag om die mannetjie te ontmoet wat in dié skoene gaan hardloop nie,” het Dieter Sondag by ’n Instagram-foto van ’n skattige paar swart en wit tekkies geskryf.

A photo posted by dieter voigt (@dietervoigt) on

En as dit van mamma Martelize en sussie Mijean afhang, is boetie se skoenkas slaggereed vir sy koms.

Dieter se vrou, Martelize het Vrydag op Facebook foto’s van tuisgemaakte vellies vir boetie gedeel.

[caption id="attachment_123918" align="alignnone" width="600"]"Kyk net hoe het dit (die skoene) uitgekom," skryf Martelize op Facebook. "Kyk net hoe het dit (die skoene) uitgekom," skryf Martelize op Facebook.[/caption]

“Ek wou so graag iets spesiaal maak vir boetiebaba,” het Martelize geskryf.

Sussie het handbygesit met die velliemakery. “Mijeanie het ook ’n bietjie gehelp . . . ek moes net keer of sy’t ’n bietjie te veel geknip. Ons sien uit om vir boetie te ontmoet.”

Martelize is volgens haar Facebook-inskrywing 31 weke swanger.

Met sussie Mijean se koms het Martelize ’n wiegelied vir haar geskryf en dit met Huisgenoot gedeel. Ons wonder of boetie ook ’n liedjie kry?

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks!

Kyk: Komediant herskep sterre se foto’s met skreeusnaakse gevolge

Vyf wenke: So behandel ’n mens gestremdes met respek en begrip

Met dié 10 kitsoplossings sal jy jou huis lag-lag skoon hou

Charlize Theron maak haar stem dik oor gelyke betaling in die bedryf