In die video is die kontroversiële CeeLo Green, wat plaaslik meer bekend is vir sy verskyning as 'n beoordelaar van die Amerikaanse weergawe van The Voice besig om ‘n gesprek op sy selfoon te voer terwyl hy op sy stoel in die ateljee rondtol Dan die onverwagse: die selfoon ontplof en hy tuimel grond toe waar hy vir 'n geruime tyd roerloos bly lê.

In reaksie daarop het CeeLo self op talle sosialemedia-platforms die boodskap gedeel dat dit eintlik beeldmateriaal van 'n musiekprojek is waaraan hy besig is om te werk. Hy bly almal verseker dat hy 'n "moeilike dag agter die rug het" maar dat daar regtig niks fout met hom is nie.
Twitter het dadelik die ontploffing aan die beleërde Samsung Galaxy 7-selfoon gekoppel. Intussen word gegis dat die beeldmateriaal dalk "per ongeluk" uitgelek het as deel van 'n promosieveldtog vir die projek.

Twitter se reaksie

Bronne: perezhilton.com, buzzfeed.com, mirror.co.uk, nydailynews.com