Maar skynbaar het ma Beyoncé (35) besluit dis tyd dat die wêreld haar en die sanger, Jay Z (47), se tweeling ontmoet. 

Sy het dié foto op Instagram geplaas.

Sir Carter and Rumi 1 month today. ??????????????????????????

A post shared by Beyoncé (@beyonce) on

“Sir Carter en Rumi, een maand vandag,” skryf die trotste ma van drie.

En dit lyk glad nie asof die popikoon net ’n maand gelede geboorte gegee het nie, sy pronk in ’n allemintige blommerok terwyl Sir Carter en Rumi in haar arms lê.

En Beyoncé het haar aanhangers glad nie teleurgestel nie! Net soos sy in Februarie die aankondiging gemaak het oor haar swangerskap, staan sy weer voor ’n enorme ruiker.

Aanhangers was so beïndruk met dié inskrywing dat dit die foto op Instagram is waarvan gebruikers die meeste gehou het.

Sir Carter en Rumi is vroeg in Junie gebore. Hul oudste dogter, Blue Ivy (5), is in Januarie 2012 gebore. 

Die paartjie is in April 2008 getroud.

Bronne: Instagram, Dailymail.co.uk, E! News