Do you know what today is... IT'S OUR ANNIVERSARY! I love you @lkopgun8 ?

A post shared by Danny K (@dannykj23) on
Lisa het op Instagram ’n foto van hul tweejarige seuntjie Jayden gedeel met sy boetie en daarby geskryf: “Kosbare tye #barsvanliefde #besteouboet.”

Treasured times ????#burstingwithlove #bestbigbrother

A post shared by Lisa Koppel (@lkopgun8) on

Danny het ook op Instagram ’n foto van sy 96-jarige ouma en die jongste toevoeging tot die Koppel-gesin gedeel.

Die paartjie het onlangs in ’n onderhoud met ons sustertydskrif YOU vertel dat hulle besluit het om nie die geslag van hul tweede kind uit te vind nie. “Hulle het albei ’n gevoel gehad dis ’n seuntjie en was in die wolke, veral omdat hulle weet hoe spesiaal dit vir Jayden gaan wees om ’n broer te hê,” vertel Danny se ma, Pam, wat ook sy loopbaan bestuur. Pam wil nog nie die kleinman se naam verklap nie omdat hy nog nie amptelik naam gekry het nie. “Hy het volgens die Joodse tradisie nog nie ’n naam gekry nie. Dit word gedoen op die dag van sy besnydingseremonie circumcision wat volgende week plaasvind,” vertel Pam. Klein Jayden, wat in Julie drie word, pas goed aan by sy nuwe rol as ouboet, vertel sy ouma. “Hy is fenomenaal. Hy is ’n sagte kind so hy is wonderlik met sy interaksie met die baba.” Te oulik!

Super excited for his first day of school ! ? #growingupsofast #eathimup

A post shared by Lisa Koppel (@lkopgun8) on

Die paartjie het ook onlangs hul vyfde huweliksherdenking gevier. “Vyf jaar gelede het ek met my rots, beste vriend, my alles getrou,” het Lisa op Instagram vertel by ’n foto van hulle op hul troudag. “Dankie dat jy vir my twee pragtige seuns gegee en my die gelukkigste vrou op aarde maak,” het sy gekoer. “Ek sal vir ewig jou liefhê met my hele hart en siel.” Veels geluk julle twee!