Woensdag het ’n video op die internet opgeduik waarop dit lyk asof die komediant Kevin Hart in ’n motor met ’n vrou vry.

Volgens radaronline.com is die man op die video Kevin, wat sowat 20 minute in sy Lexus met ’n onbekende brunet gekafoefel het. 

We reported earlier about footage of #KevinHart cheating. Well here it is!!!

A post shared by MediaTakeoutPage (@mediatakeoutpage) on

Daar word verder berig hy het in ’n stadium saam met haar op die passasiersitplek ingeklim. Die beeldmateriaal is vyfuur die oggend op 3 Julie buite die weelderige Miami Beach Hotel opgeneem. 

Die Central Intelligence-ster het op die skinderstories gereageer met ’n Instagram-foto waarop hy skaterlag met teks daarby wat lui: “Op stuk van sake moet jy net oor die snert lag.” 

In die byskrif skryf hy “#LiveLoveLaugh .....SMDH”.

Kevin en sy vrou, Eniko Parrish, is in 2016 getroud en verwag hul eerste kind. 

#LiveLoveLaugh .....SMDH

A post shared by Kevin Hart (@kevinhart4real) on

Kevin en die onbekende vrou het dit blykbaar in Miami uitgekap tydens sy sterbelaaide verjaardagpartytjie. Hy het op 6 Julie 38 geword.

Perez Hilton het gesê die egpaar se vriende is glo gewalg oor Kevin se gedrag. 

’n Bron het gesê: “Met sy vrou swanger by die huis is Kevin se gedrag uiters onvanpas. Sy vriende is baie geskok. Eniko moet stresvry wees en veilig en geborge voel. Dis walglik dat Kevin dit aan haar doen.

“Al het Kevin ’n geskiedenis van ontrouheid, is dit steeds skokkend dat hy skynbaar meer daarin belangstel om rokke te jag as om tyd saam met sy vrou deur te bring. 

“ ’n Swanger vrou moet weet sy kan haar baba se pa vertrou – nie foto’s sien waarop hy vyfuur die oggend meisies na die Miami Beach Hotel terugvat nie!”

’n Verteenwoordiger van die toekomstige pa ontken dat die ster onbesonne opgetree het. 

Bronne: EOnline, Complex,Perez Hilton, Radar Online.