Die Laevelder berig naastenby 10 verdagtes in vier voertuie – ’n Mercedes, twee BMW’s en ’n bakkie – het op die geldwa losgebrand.

Die geldwa was vanaf Malalane in die rigting van Mbombela op pad toe die rowers toeslaan. Dit is tot stilstand gedwing en deur die oënskynlik houtgeruste rowers omsingel.

Aanvanklik was dit nie duidelik wat hulle beplan nie. Maar dan laat spaander die rowers weg van die voertuig. Dit word gevolg deur een allemintige plofgeluid en stukke van die geldwa vlieg deur die lug.

In die video, wat van ’n afstand deur twee ooggetuies geneem is, kan die ontploffing gehoor en gesien word. Ná die ontploffing sak die rowers soos ’n swerm woedende bye op die wa toe. Die buit word in die voertuie gelaai.

Een van die insittendes van die geldwa is in die voorval beseer.

Dit is in hierdie stadium nog nie duidelik of enigeen in verband met die rooftog in hegtenis geneem is nie.