As daar nou een Suid-Afrikaanse akteur is wat glad nie hoef skaam te wees wanneer hy dié vakansie strand toe gaan nie, is dit Getroud met Rugby se Werner Coetser.

A photo posted by WernerC (@wcoetser) on

Met daai breë borskas en groot spiere sal enige swembroek goed aan hom lyk.

A photo posted by WernerC (@wcoetser) on
’n Somerlyf word in die winter gebou en daar is geen kortpaaie nie, sê Werner. “Dis reg eet en hard oefen dwarsdeur die jaar.” Ons het Werner aanvanklik leer ken as Bernard Jordaan in 7deLaan. Hy vertolk deesdae die rol van die breker Johan “Blitz” Vermeulen in Getroud met Rugby.

A photo posted by WernerC (@wcoetser) on

“Om reg te eet is kardinaal. Dit gaan jou nie ver bring om net hard te oefen nie. Wat jy eet tel 70% en hoeveel jy oefen tel 30%. Sonder die regte dieet is alles vergeefs.” Hy sê hy het gelukkig nie ’n suikertand nie en dit maak dinge vir hom ietwat makliker. Werner sê die gimnasium is sy gelukkige plekkie. “Ek maak in my dag tyd om te oefen. Al is dit laat in die aand, gim toe sal ons gaan.”

A photo posted by WernerC (@wcoetser) on

Hy geniet ook Parkour-oefeninge, maar is versigtig daarvoor omdat dit baie swaar op ’n mens se knieë is. Parkour is ’n soort hardloopoefening waar jy deur hindernisse beweeg op geen voorgeskrewe manier nie.

A photo posted by WernerC (@wcoetser) on

En al lyk dit so nie, sê Werner hy is nie regtig gepla oor nuwe modegiere om met sy mooi lyf te spog nie. “Ek trek aan wat vir my gemaklik is. Ek was nog nooit groot op modes nie.” Of hy nou op modes ingestel is of nie – een ding is seker Werner is ’n lus vir die oog.