Dit was een van die asemrowendste oomblikke van vanjaar se Paralimpiese Spele in Rio toe Algerië se Abdellatif Baka die wêreldrekord in die 1500 m met 1,71 sekondes klop en só vanjaar se Olimpiese kampioen - met perfekte sig - Matthew Centrowitz se rekord laat spat.

Inteendeel, sou Matthew aan hierdie T12/13-resies by die Paralimpiese Spele deelgeneem het, sou hy maar met die vyfde posisie tevrede moes wees. Die Paralimpiese atlete het omtrent stof in die oë van die nie-gestremde atlete se tye geskop. Kyk hier hoe hardloop Abdellatif:

“Dit was nie maklik vir my om die goud te behaal nie,” het die Algeriër ná sy geskiedkundige oorwinning gesê. “Ek het vir die afgelope jaar of twee sonder ophou hieraan gewerk en dit was baie, baie moeilik vir my.

????? ??? ??? ????????? ???????

A photo posted by BAKA Abdellatif (@abdellatif_baka) on

Sy broer, Fouad Baka, sou met sy briljante tyd van 3 minute 49.5 sekondes ook Olimpiese goud behaal het, maar dit was net-net té stadig vir ’n Paralimpiese brons-medalje.

Bronne: news.com.au, yahoo.com, thesun.co.uk, rio2016.com, independent.co.uk