Die publiek was ewe verbaas toe onthul word Angelina het haar man weens onversoenbare verskille gevra om te skei en wil toesig oor hul ses kinders kry.

Maar een van die laaste mense wat uitgevind het, was blykbaar Brad se Ocean’s Eleven-medester en goeie vriend, George, wat ’n geleentheid by die Verenigde Nasies (VN) bygewoon het.

Lees ook: Só ‘voel’ Jennifer Aniston oor die einde van Brangelina

Tydens ’n regstreekse onderhoud met CNN het die ankeraanbieder Richard Roth die akteur gevra: “Oukei, moet my nie oor die laaste vraag skiet nie, maar jy is vriende met hulle albei. Enige gedagtes?”

’n Geamuseerde George het gevra: “Wat’s dit? Wat het gebeur?” Nadat Richard hom oor die egskeiding ingelig het, het George gesukkel om sy skok te verberg terwyl hy geantwoord het: “Ek het dit nie geweet nie. Ek voel dan baie jammer. “Dis ’n hartseer storie en ongelukkig vir ’n gesin . . . Ek voel baie jammer om dit te hoor. Dis die eerste keer dat ek daarvan hoor.” Kyk hier na die voorval:

Nadat hy in 2001 saam met Brad ’n hoofrol in Ocean’s Eleven vertolk het, het George ’n hegte band met die akteur gevorm en later ook met Angelina vriende geword.

Toe hy voorheen oor sy vriendskap met George gepraat het, het Brad aan die Britse weergawe van die manstydskrif GQ gesê: “Wel, jy weet, George is uiters toeganklik. Hy is een van ons beste verteenwoordigers. Hy is deksels snaaks.

Lees ook: Gerugte van dwelms, affairs en Russiese prostitute: Is dit waarom Angie en Brad gaan skei?

“Dis heerlik om in sy geselskap te wees. Ek skat ek is dalk meer van ’n miserabele blikskottel. Ek is nogal ’n alleenloper, weet jy? Ek’s stiller van geaardheid. En met dié dat ek van die boendoes af kom, is ek waarskynlik meer terughoudend.”

George was Dinsdag by ’n geleentheid by die VN saam met die Amerikaanse president, Barack Obama, om die voortslepende vlugtelingekrisis te bespreek.

Nadat die egskeiding openbaar gemaak is, het Brad ’n verklaring uitgereik waarin hy sê: “Ek is baie hartseer hieroor, maar wat nou die meeste saak maak, is die welstand van ons kinders . . .Ek vra die media mooi om hulle die ruimte te gun wat hulle in hierdie moeilike tyd verdien.”

Brad en Angelina is in 2014 getroud. Die egpaar het op die stel van die aksiefliek Mr. & Mrs. Smith van 2005 ontmoet toe Brad nog met Jennifer Aniston getroud was.

© Cover Media