Zephany Nurse se biologiese pa, Morné Nurse, gesê het hy is tevrede met die tien jaar tronkstraf wat die beskuldigde opgelê is.

Ten spyte daarvan het gemoedere tussen die families buite die hof opgevlam.
Ondersteuners van die beskuldigde en van die Nurse-familielede het op mekaar geskree en aantygings van dreigemente is gemaak.

’n Familielid van die beskuldigde wat nie haar naam genoem wou hê nie, het in die lig hiervan vir die beskuldigde opgekom en gesê almal het geraamtes in die kas.

Lees ook: Dis hoeveel tronkstraf Zephany Nurse se grootmaakma opgelê is

Die familielid het ook genoem dat sy (die beskuldigde) al herhaaldelik gesê het hoe spyt sy is dat Zephany hierdeur moet gaan en dat sy haar (die beskuldigde) 150% in die moeilike tyd ondersteun.

Die 19-jarige Zephany was drie dae oud toe sy langs haar ma se bed uit die Groote Schuur hospitaal gesteel is. Sy is verlede jaar weer opgespoor.