Very blessed! #voigtfam

A post shared by dieter voigt (@dietervoigt) on

Martelize, wat in 2005 ’n huishoudelike naam geword het nadat sy in die sangreeks Idols was, het onlangs ’n oulike video van haar en Mijean gedeel wat alte lekker saam sing op die maat van die popster Taylor Swift se liedjie Wildest Dreams. Dit terwyl haar kleinboet, Daniel Luke, op mamma se heup sit en toekyk.

“Wanneer mamma moet oefen vir werk en al wat Mijean vir 2 weke hoor is hierdie liedjie as ons in die kar ry. Regte klein performertjie,” het Martelize by die skattige video geskryf. “Boeta is in skok en weet nie hoe om te reageer nie.”

#voigtfamily #singing #vocalist #mijeanlujahvoigt #daniellukevoigt #taylorswift #copa

A post shared by Martelize Voigt (@martelizevoigt) on

Martelize deel gereeld die allermooiste foto’s van hul kroos. Klein Daniel is nou nege maande oud en het onlangs sy tweede tand gekry, het sy trots vertel. “Ons soen, vry en speel op!”

Die kleinman het ook onlangs sy eerste woord gesê. "Ons het ’n eerste woord!" het sy trots vertel by ’n video van klein Daniel. “Nou net om uit te figure of dit ‘baba’ of ‘Pappa’ is. Wat dink julle?”