Sover bekend is minstens 17 mense in die voorval beseer. Een van hulle is in ’n ernstige toestand.

Lees ook: Nagmerrie in die Franse hoofstad

Luidens berigte in die Franse pers het die ontploffing plaasgevind toe iemand gas in ’n woonstel wou aanskakel.

Die gasontploffing het in die sesde distrik in die middel van Parys, naby die Ferrandi-kollege, gebeur.

Een van die mense wat ernstig beseer is, is ’n brandweerman. Tien van die ander mense wat geringe beserings opgedoen het, is ook brandweermanne.

Polisiebronne het aan AFP bevestig dit was ’n gasontploffing.

Lees ook: Brussel-bloedbad: So het die wêreld daarop gereageer Die ontploffing volg 10 dae ná die bloedbad in Brussel waartydens 35 mense in ’n terreuraanval gesterf het.

Bronne: news.xhinhuanet.com, rt.com, express.co.uk

Ook op Huisgenoot.com

Kyk: Toeriste laat spaander toe boot hawemuur tref

Waar kom Gekkedag vandaan? Is jy deur dié slimstreke uitgevang?

Kyk: Rocco de Villiers en Karen Zoid gaan jou lus maak om te tango

SA baba met ‘lekhart’ ontroer mense wêreldwyd

‘Ons honde kan skilder!’ Arbor en ‘Dog Vinci’ is ware Paw-casso’s

Vrou wat ‘bang was vir kos’ leef drie jaar lank net van braaihoender