Eina!

Die Franse gimnas Samir Ait Said het Saterdag sy been sleg gebreek ná ’n val tydens die uitdunrondes van mans gimnastiek op die eerste dag van die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro.

Die 26-jarige het skeefgetrap soos hy ingekom het om te land. Jy kon hoor hoe sy linkerbeen met ’n harde kraakgeluid middeldeur breek.

Samir, ’n wêreldklas gimnas wat al silwer medaljes by die Europese Kampioenskappe in 2013 gewen het, is kort daarna op ’n draagbaar verwyder; sy Olimpiese droom aan skerwe.

Dit is nog nie duidelik hoe sleg Samir sy been gebreek het nie.

Kyk hier na die grafiese video van die voorval:

Bronne: Daily Mail; Metro