Dit lyk of die rocker Francois van Coke behoorlik floreer onder vaderskap. Hy kan duidelik skaars genoeg kan kry van sy pragtige babadogtertjie! Francois het vroeër ’n foto op Instagram gedeel waarin hy sy klein Alex Lila vashou en vertel hoe hy die twee meisies in sy lewe (sy vrou Lauren Wiid en die twee week oue Alex) en sy bulhond Ringo gaan mis wanneer hy binnekort in die noorde moet gaan optree. En kyk mens so na die oulike kiekies is dit duidelik waarom dié pa se versot op sy dogtertjie is.

  Dinsdag het hy nog ’n foto gedeel waarby hy geskryf het: “Ek is moeg maar gelukkig. Alex is vandag 15 dae oud. Ongelooflik!”  
  Lauren het verlede week ook foto’s van haar man en dogter gedeel. Kyk net hier:  

A photo posted by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

  Gaan weg, wêreld! Ek slaap!  

A photo posted by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

  Kyk hoe oulik lê sy in haar oupa se hande!  

A photo posted by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

  Kyk net hoe oulik is hierdie voetjies!  

A photo posted by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

  Salig in droomland.  

A photo posted by Lauren Badenhorst (@laliewild) on