Kapenaars hoop en bid al ’n geruime tyd vir broodnodige reën om die damme vol te maak. Eindelik kon hulle Woensdagoggend hul warm truie, musse en sambrele afstof terwyl die reëndruppels val.  

Dit kom nadat die Stad Kaapstad pas Maandag in ’n verklaring gesê het die stad se voerdamme het net genoeg water oor vir 88 dae.  

Die stad het in dié verklaring gesê damvlakke het gedaal tot 23,3 persent.

En is Kapenaars nie bly oor die paar reëndruppels wat val nie!  

Maar moenie te vinnig opgewonde raak nie, geen reën word vir môre voorspel nie.

"Daar is ’n 30% kans dat dit Sondag sal reën, maar daar word geen reën verder voorspel nie," sê Michael Barnes, weervoorspeller by die Kaapstadse weerkantoor.

Nietemin: elke druppel help!