Waaghalsige man loop op tou tou tussen twee lugballone

Die Oekraïener Stanislaw Panjoeta het ’n nuwe nasionale rekord opgestel met sy waagtoertjie bo die stad Oeman in die land se Tsjerkasi-oblast.

Die adrenalienslaaf het ’n veiligheidstou gedra vir die suksesvolle rekordpoging wat op kamera vasgelê is.

Die video wys hoe Stanislaw eers sukkel om op sy voete te kom terwyl die tou tussen die twee ballonne slinger. 

Waaghalsige man loop op tou tou tussen twee lugballone
Maar dan stap hy vol vertroue tussen die ballonne wat kundig deur die lugballonvlieëniers Sergei Skalko en Joerie Beidik beheer word.

Die rekord is opgestel as deel van die Montgolfier Blossoming Country-lugvaartfees en deur Lana Wetrowa van die Oekraïense Nasionale Register van Rekords bevestig. 
Waaghalsige man loop op tou tou tussen twee lugballone

En die greep sorg vir boeiende kykstof nadat dit aanlyn gedeel is. 

Aanlyn kommentators loof Stanislaw se moed, maar spreek hul simpatie vir sy naastes en geliefdes uit. 

Waaghalsige man loop op tou tou tussen twee lugballone

Netizen Tati Ivasjenko sê: “Die enigste gevoel wat dit by my uitlok, is die begeerte om die man se arme ma te ondersteun. Sy moet elke liewe dag vir sy lewe vrees.

“Ja, dit gee hom adrenalien, maar hy dink nie aan die mense om hom nie, mense wat vir hom lief is . . .”

En Dmitri Tsiopkalo voeg by: “Nadat ek hieroor gelees het, kan ek net wonder: Hoekom doen so baie mense dom goed? Asof hy niks interessanters of betekenisvollers het om in die lewe te doen nie.”