Terwyl die meeste mense op 'n Sondagoggend laat lê of ontspan, was die sangeres Andriëtte Norman op 2 April reeds vroeg uit die vere om aan 'n vrouewedloop in Kaapstad deel te neem.

Die Twee Oseane-sangeres, wat op 15 Februarie die lewe geskenk het aan 'n baba seuntjie, Graham Harold Moolman, straal behoorlik en lyk viets en gesond.

Lees ook: Andriëtte verklap geslag van eersteling

Die wedloop is deur byna 21 000 vroue bygewoon en Andriëtte het aan die 10 km-stap deelgeneem.

Lees ook: KYK: Andriëtte deel foto van eerste uitstappie as mamma

Sy en haar man, die biokinetikus Glynn Moolman, is in 2015 getroud.

 

Bietjie begin oefen weer.Voel lekker.@kustom_fit Dankie Crystal dat jy my weer aan die gang kry xxx

A post shared by Andriëtte Norman (@andriette.norman.official) on

Geluk, Andriëtte!