Die aktrise met ’n ruim hart vir kinders en liefdadigheid, Hanna Grobler, het Sondag haar 35ste verjaardag gevier!

Sy het die dag saam met haar man, die sanger Bok van Blerk, en akteursvriende soos Nadia Valvekens, Cindy Swanepoel, Ivan Zimmermann en Je-ani Swiegelaar deurgebring.

Hanna het Maandagoggend ’n prettige foto van die feesvieringe saam met haar vriende op Instagram gedeel.

#birthdaycelebrations with my awesome friends! Thank you @bokvanblerkreal #besthusbandever

A photo posted by Hanna Grobler (@hannagrobler) on

Die radio- en televisie-aanbieder Robbie Kruse het ook ’n lawwe foto van die partytjie gedeel.

Lekker verjaar @hannagrobler mooi photobomb @bokvanblerkreal great kuier ???

A photo posted by Robbie (@robbiekruse) on

Die aktrise en motiveringspreker Leandie du Randt het Hanna Sondag met ’n foto van hulle twee gelukgewens. “Jy is een ongelooflike mens,” het sy by die foto in sosiale media geskryf.

My mooiste maat @hannagrobler verjaar! Jy is een INCREDIBLE mens! Dankbaar om jou in my lewe te hê. Lief vir jou??? ? @hildedurandt

A photo posted by Leandie du Randt Bosch (@leandiedurandt) on

Bok en Hanna se eersteling is in Desember gebore, het Huisgenoot vroeër berig.

Hanna, wat bekendheid verwerf het as Kiki in die dramareeks Getroud met Rugby, het ’n paar jaar gelede die liefdadigheidsorganisasie Hanna Charity and Empowerment Foundation begin.

Dié organisasie reik uit na mense in agtergeblewe gemeenskappe in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria en sluit projekte soos sopkombuise, biblioteke en klerebanke in, berig Sarie.

Baie geluk met jou verjaardag, Hanna!