Sy woordvoerder, Sonwabo Mbananga, het aan Algoa FM gesê die brand is rondom 15:00 ontdek.

Brandweermanne het dit na bewering reeds onder beheer gebring.

“Wel, dis toevallig, maar ons kan nie self sê of daar ’n verband tussen die twee voorvalle is nie (met verwysing na die brand by die Gauteng-kantoor). Ons moet die brandweermanne en nooddienste kans gee om met hul werk en ondersoek voort te gaan om vas te stel wat die brand veroorsaak het."

Die premier was nie op kantoor nie en is volgens Mbananga by die ANC se beleidskonferensie.

Brand in Gauteng

Die brand by premier David Makhura se kantoor in Johannesburg het op die sewende vloer van die gebou uitgebreek. Niemand is sover bekend in die voorval beseer nie.

Ekstra bron: algoafm.co.za