Ilija Rajkovcevic (18), van Stip in Masedonië, het voorheen die skaal op 150 kg laat trek. 

Tiener verloor gewig na hy nie meer na sy logge lyf kon kyk nie

Maar in minder as 12 maande het hy hom omskep deur amper die helfte van sy liggaamsgewig af te skud. Hy weeg nou 90 kg en is die ene spiere.

“Alles het op 1 Julie 2014 begin toe ek besluit om te verander, sê hy. “Ek kon nie meer vir myself in die spieël kyk en my verder sien wegsink nie; alleen met kos.

“Van daardie dag af het ek elke dag gaan gim en fiksheid en oefening het my leefstyl geword.”

Tiener verloor gewig na hy nie meer na sy logge lyf kon kyk nie

Met ’n daaglikse liggaambou-roetine en gesonde eetgewoontes het Ilija nou ’n modelvoorkoms. 

Die student aan die Goce Delcev-sakekollege verduidelik: “Dit het gelyk of ek nie ’n sterk karakter het nie. Ek het alles met vrees gedoen.

Ilija Rajkovcevic (18) het sy hele lewenswyse verander

“Ek was my lewe lank eensaam, ’n teiken vir grappe en ander se gespot.Eendag het ek vir myself gesê: Dis nou genoeg."

“Eindelik was ek geestelik gereed om my kilogramme te hanteer en ek het geestelik sterker geword namate dit weggesmelt het. 

“Vandag is ek ’n heel ander mens – vol selfvertroue.”

Sy video, wat net op YouTube al meer as 3,6 miljoen keer gekyk is, het aan hom ’n klomp bewonderaars besorg.

Een van hulle, geïdentifiseer as Mrs Shakur1, sê: “Jy moet baie trots wees op jouself! Jy is kwaai! Wel gedaan met alles wat jy bereik het! En mag ek sê: Deksels, jy is aantreklik. Geluk!!!”